{"title":"Afrikaans","description":"","products":[{"product_id":"wat-is-die-evangelie-sagteband","title":"Maak Gebed ’n Verskil? (Sagteband)","description":"\u003cp\u003eMaak dit enigsins ’n verskil wanneer ’n Christen bid? Verander dit dinge? Hoewel ons gebede God nie van plan laat verander nie, beveel Hy dat ons moet bid as ’n manier om sy wil uit te voer. Ons kan vertrou dat gebed dinge verander – ook ons hart.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn Maak gebed ŉ verskil? verduidelik dr. R.C. Sproul dat gebed ’n belangrike plek in die lewe van ’n Christen het en roep ons op om met blydskap en hoop voor God te verskyn. Dr. Sproul deel praktiese wysheid en verduidelik die doel, vorm, praktyk en krag van gebed, en ook wanneer gebed verbied word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Deel van die Belangrike vrae-reeks wat duidelike antwoorde bied op sommige van die algemeenste en moeilikste vrae oor die Christelike geloof\u003cbr\u003e• Bied praktiese riglyne vir gebed\u003cbr\u003e• Ondersoek die doel, vorm, praktyk en krag van gebed en wanneer dit verbied word\u003cbr\u003e• ŉ Handige bron vir leraars, Bybelstudie-leiers en enigiemand wat God se Woord beter wil verstaan\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Does Prayer Change Things?\u003c\/p\u003e","brand":"Christelike Uitgewersmaatskappy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47325396205789,"sku":"9780638008838","price":40.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/9780638008838_front_ce79630b-cca7-40c6-a064-e822b3a66933.webp?v=1771228324"},{"product_id":"9781834911243","title":"Opgestaan","description":"\u003cp\u003eDie liggaamlike opstanding van ons Here Jesus Christus is nie slegs ’n belangrike leerstelling nie — dit vorm deel van die fondament van die Christelike geloof. Daarsonder word die Christelike geloof die grootste dwaalleer in die geskiedenis. Wat gebeur egter wanneer gesaghebbende teoloë hierdie kernwaarheid ontken? Hierdie boek bied ’n aangrypende verslag van die teologiese kompromieë wat binne die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) in Suid-Afrika aangegaan is. Mulder — wat in 2006 van die Universiteit van Pretoria geskors is weens sy besware teen liberale teologie — verduidelik hoe die Duitse historiese kritiek en moderne ideologieë, insluitende LGBTQI+ teologie (’n vorm van bevrydingsteologie), die NGK se historiese belydenistradisie gaandeweg ondermyn het. Die inhoud van hierdie boek is meer as ’n persoonlike getuienis — dit is ’n dringende oproep tot geestelike onderskeiding, standvastigheid en Bybelse reformasie. Mulder, wat self diep gewortel is in die Reformatoriese tradisie, wys hoe ’n afwyking van kernleerstellings in seminariums die wese van die kerk bedreig. Sommige waarhede móét verdedig word; sommige oorloë móét geveg word. Opgestaan is ’n dapper verdediging van Bybelse waarheid in ’n era van kompromieë, en roep predikante, akademici en élke gelowige op om op te staan vir die waarheid van die Skrif.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"IRSA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47383241883869,"sku":"9781049210933","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/763239_971efbdee20d44e1863e2c0cde4654aa_mv2.avif?v=1770798266"},{"product_id":"voor-die-troon-van-genade-die-plig-en-voorreg-van-gebed","title":"Voor die Troon van Genade: Die Plig en Voorreg van Gebed","description":"\u003cp\u003eMet die lees van Puriteinse werke, besef ’n mens gou dat hulle in dieselfde geestelike stryd gewikkel was as waarin ons onsself vandag bevind – die stryd teen die duiwel, ons sondige vlees en die wêreld. Die Puriteine was egter bekwame en goed toegeruste soldate. Hulle het die Bybel baie goed geken en liefgehad, en kon die swaard van die Woord en die skild van geloof met groot vaardigheid gebruik. Hulle het daarna gestreef om hul kosbare Verlosser en ewige beloning in die hemel altyd voor oë te hou. Dit het hulle in staat gestel om getrou te bly, en om dapper en blymoedig te volhard – selfs te midde van beproewing en vervolging. Ten spyte van die bykans 400 jaar wat sedertdien verloop het, het die Puriteine ’n rykdom van wysheid om aan die hedendaagse Christen te bied. Ons kan by hulle leer oor sonde, bekering, ware geloof, nederigheid en afhanklikheid van God, liefde vir ons naaste, die lees en oordenking van die Woord van God, volharding te midde van beproewing, en veral oor gebed – daardie belangrike plig en groot voorreg van elke Christen.\u003c\/p\u003e","brand":"IRSA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47383268065501,"sku":"9781834911267","price":145.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/763239_a6385d6a6f5f47c8bd0602bbe87b644e_mv2_1.avif?v=1770807564"},{"product_id":"advies-vir-die-christelike-lewe-uit-die-pen-van-john-newton","title":"Advies vir die Christelike Lewe uit die Pen van John Newton","description":"\u003cp\u003eJohn Newton was ’n geliefde predikant en ’n bekende gesangskrywer, maar hy word bowenal onthou as ’n liefdevolle, simpatieke en wyse pastorale raadgewer. Duisende mense se lewens is deur hom beïnvloed – hetsy deur persoonlike onderhoude, óf deur middel van briewe. Hierdie boek sluit ongeveer 50 van Newton se briewe (of uittreksels uit briewe) in wat volgens temas saamgegroepeer is. Newton het dikwels dieselfde onderwerpe in sy briewe aangespreek, maar sy advies aangepas by die omstandighede van die verskeie korrespondente. Die tematiese ordening van die briewe bied die geleentheid om ’n meer volledige indruk van Newton se advies oor die verskillende onderwerpe te vorm en maak die boek ook meer geskik vir groepbesprekings. Diegene wat meer wil leer oor die Here se werk in die harte van mense, wat stry met sonde en versoekings, wat gebuk gaan onder beproewing, of wat leiding op die Christelike pelgrimstog nodig het, sal ’n rykdom van wysheid in die briewe van John Newton ontdek.\u003c\/p\u003e","brand":"IRSA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47383719313629,"sku":"9781037077913","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/763239_0a334c1944574f13af56d5f2a4aee4ea_mv2_2.avif?v=1770904271"},{"product_id":"tiyo-soga-en-sy-mentors-afrikaans","title":"Tiyo Soga en sy Mentors (Afrikaans)","description":"\u003cp\u003eDie eerbewyse van Ds. Tiyo Soga—as Xhosa-predikant, sendeling, Bybelvertaler, joernalis, gesangeskrywer, eggenoot en pa – strek 'n myl lank. Hy was die eerste swart Suid-Afrikaner wat oorsee gestudeer het en daar as predikant bevestig is; hy was die eerste Xhosa Calvinis aan die Kaap wat as sendeling onder sy eie mense (en Europeërs) gewerk het; en hy was die eerste Afrikaan wat John Bunyan se werk, The Pilgrim's Progress, in 'n Afrikataal vertaal het.\u003c\/p\u003e","brand":"Book Room","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47391294619869,"sku":"9781037016516","price":125.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/TiyoSoga.jpg?v=1742906386"},{"product_id":"die-pelgrim-se-reis","title":"Die Pelgrim se Reis","description":"\u003cp\u003eJohn Bunyan se tydlose allegorie, opgedateer in pragtige, klassieke Afrikaanse. Hierdie tweede uitgawe het ook al die Skrifverwysings en 'n paar verklarings in die kantnotas. \u003c\/p\u003e","brand":"IRSA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47391311167709,"sku":"9781037002953","price":125.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/763239_a0a69ae6cb994eabb548969bc09351d3_mv2.avif?v=1770903321"},{"product_id":"handleiding-vir-die-pelgrim-se-reis","title":"Handleiding vir Die Pelgrim se Reis","description":"\u003cp\u003eThis study guide is intended to be used alongside IRSA's reprint, Die Pelgrim se Reis, and is ideal for family worship, personal devotions, or in a Bible study. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"IRSA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47391320178909,"sku":"9781037013126","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/763239_632c43de77984e01997da2a2780bede1_mv2.avif?v=1770903725"},{"product_id":"maak-gebed-n-verskil-sagteband-copy","title":"Wat Is die Evangelie? (Sagteband)","description":"\u003cp\u003eBaie mense dink omdat God goed is, sal Hy ons aanvaar solank ons goeie lewens lei. Maar die feit is dat niemand van ons goed genoeg is om onskuldig voor God te kan staan nie. Ons almal is sondig en verdien God se ewige straf.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn Wat is die evangelie? verduidelik dr. R.C. Sproul die evangelie – God se goeie nuus vir sondaars soos ons. Ons kan onsself nie red van God se oordeel nie; daarom roep God ons om te vertrou op sy Seun, Jesus Christus, die enigste Een wat ons kan verlos op grond van sy regverdige lewe, sy versoenende kruisdood en sy triomfantlike opstanding.\u003c\/p\u003e\n\u003cul\u003e\n\u003cli\u003eDeel van die Belangrike vrae-reeks wat duidelike antwoorde bied op sommige van die algemeenste en moeilikste vrae oor die Christelike geloof\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003eDit hanteer onderwerpe soos regverdigmaking, vryspraak, die Godheid van Jesus, die Persoon en werk van Jesus, die opstanding van Jesus, versoening, evangelisasie, leerstelling en berou\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003eŉ Handige bron vir leraars, Bybelstudie-leiers en enigiemand wat God se Woord beter wil verstaan\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel What Is the Gospel?\u003c\/li\u003e\n\u003c\/ul\u003e","brand":"Christelike Uitgewersmaatskappy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47690594582749,"sku":"9780638008845","price":40.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/9780638008845_front.webp?v=1774102421"},{"product_id":"hoe-om-jou-gesin-te-lei","title":"HOE OM JOU GESIN TE LEI","description":"\u003cp\u003eHoe om Jou Gesin te Lei, ’n Gids vir mans wat meer wil wees\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoe kan jy die koning, priester en profeet wees wat God jou gemaak het om te wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOm ’n godvresende man en pa te wees, gaan nie oor een groot oomblik nie, dit gaan daaroor om elke dag daar te wees vir jou gesin.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoe om jou gesin te lei is ’n kragtige gids vir mans wat hulle gesinne volgens Bybelse beginsels wil lei. Joel Beeke daag mans uit om die drie Bybelse ampte in hul gesinne uit te leef: om ’n profeet te wees wat leer, ’n priester wat opoffer en ’n koning wat lei.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie sakpas-boek is ’n waardevolle hulpbron vir mans wat hulle gesin doelgerig en met genade wil lei.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n Kragtige gids vir mans wat die koning, priester en profeet van hul gesin wil wees wat God vra.\u003cbr\u003eSluit vrae in vir bespreking aan die einde van elke hoofstuk.\u003cbr\u003e80 bladsye.\u003cbr\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel How to Lead Your Family.\u003c\/p\u003e","brand":"Christelike Uitgewers Maatskappy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48026690617565,"sku":"9780638010930","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0729\/4995\/6829\/files\/9780638010930.webp?v=1781270575"}],"url":"https:\/\/thebookroom.bischopsford.co.za\/collections\/afrikaans.oembed","provider":"Book Room","version":"1.0","type":"link"}