Skip to product information
1 of 1
Jan van der Watt, Jan Barkhuizen, Herman Du Toit

Interliniêre Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament

Interliniêre Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament

Regular price R 74.00 ZAR
Regular price Sale price R 74.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.

Out of stock

View full details

About this book

Die Interliniêre Bybel (Grieks-Afrikaans) , ontsluit die volledige Griekse teks van die Nuwe Testament vir Afrikaanse lesers in 'n unieke formaat. Elke bladsy van die Interliniêre Bybel bestaan uit 'n middelblok, met die Direkte Vertaling aan die linkerkant en die 1983-vertaling aan die regterkant. Die middelblok bied: die Griekse teks (Nestle-Aland, 27ste uitgawe); 'n transkripsie van die Griekse woorde om lesers te help met die uitspraak daarvan; en 'n Afrikaanse woord-vir-woord-vertaling van elke Griekse woord. Die 1983-vertaling in die regterkolom help lesers om die woord-vir-woord-vertaling in die middelkolom te vergelyk met hierdie bestaande Bybelvertaling. Die Direkte Vertaling in die linkerkolom is 'n nuwe vertaling, so na moontlik aan die oorspronklike Griekse teks, maar tog verstaanbaar. Die Interliniêre Bybel sal lesers bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot 'n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.

Pages
1383
Language
Publisher
Christelike Uitgewers Maatskappy
Publication date
2012-11-01
Binding
Hardcover
ISBN
9781770008359
Author(s)
Jan van der Watt, Jan Barkhuizen, and Herman Du Toit