Skip to product information
1 of 1
Antonio Coppola

Troue God: ’n Inleiding tot Verbondsteologie (Afrikaans Edition)

Troue God: ’n Inleiding tot Verbondsteologie (Afrikaans Edition)

Regular price R 120.00 ZAR
Regular price Sale price R 120.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.

Low stock: 5 left

View full details

About this book

In hierdie boek wys Antonio Coppola hoe God se verbondsbelofte, dat Hy vir ons ’n God en ons vir Hom ’n volk sal wees, die ganse Skrif oorspan en in Jesus Christus in vervulling gaan. Hierdie boek sal jou help om beter te verstaan hoe God met sy kinders bemoeienis maak, jou geloof in Christus verryk en jou insig in die evangelie verdiep. Dit sal jou ook help om die groot, oorkoepelende verhaal wat in die Skrif afspeel, te verstaan, wat jou sal dring om ons getroue God en Verlosser, Jesus Christus, wat altyd sy beloftes nakom, te aanbid.

God gebruik die huwelik as voorbeeld vir die verbondsverhouding wat Hy met ons aangaan. As jy wil groei in jou verhouding met die Here, is die Bybel se ryk onderrig oor hierdie onderwerp ’n noodsaaklike grondslag. En met hierdie goed ingeligte en toeganklike inleiding sal jy groei in jou lof vir die altyd troue, Drie-enige God. Dit is ’n plesier om so ’n uitstaande hulpbron aan te beveel.” – Michael Horton, J Gresham Machen professor in sistematiese teologie en apologetiek, Westminster Seminary California

“In Troue God bied Antonio Coppola ’n bondige, duidelike en Christusgesentreerde inleiding tot die verbondsband tussen die soewereine Skepper-Verlosser en ons, sy (skandelik) ontroue, maar steeds geliefde kinders. Hierdie verhouding gee gestalte aan die Bybel se verlossingsgeskiedenis en dit ontsluit die Skrif se ryk geskakeerde uitbeelding van God se wonderlike, ewig troue genade in Jesus. Lees, leer en aanbid in verwondering.” – Dennis E Johnson, emeritusprofessor in praktiese teologie, Westminster Seminary California; skrywer, Walking with Jesus through His Word: Discovering Christ in All the Scriptures

“Troue God is ’n welkome plaaslike bydrae tot die teologiese diskoers in Suid-Afrika. Antonio Coppola bied ’n duidelike inleiding tot God se verbondsverhouding met die kerk en die wêreld. Hierdie suiwer konfessioneel gereformeerde perspektief is broodnodig in ’n konteks waar opvattings oor verbonds- en kulturele betrokkenheid sekerheid oor die evangelie en die sending van die kerk bedreig.” – Simon Jooste, predikant van Reformed Church Southern Suburbs, Kaapstad, Suid-Afrika

“God se verbonde met sy volk verskyn regdeur die bladsye van die heilige Skrif en daarom moet enige Bybelgelowige Christen hierdie waarheid ondersoek, bestudeer en dit sy eie maak. Antonio Coppola het ’n toeganklike en kort inleiding geskryf om Christene te help om hierdie belangrike leerstelling te verstaan. Gegrond op die Skrif en duidelik aangebied, is Troue God: ’n Inleiding tot Verbondsteologie, ’n uitstekende hulpbron om God se verbonde te begin bestudeer en ’n voortreflike opknapping vir diegene wat reeds met die onderwerp vertroud is.” – JV Fesko, Harriet Barbour professor in sistematiese en historiese teologie, Reformed Theological Seminary, Jackson, Mississippi

“Troue God bevat suiwer Bybelse waarhede wat prakties en nuttig is. In die boek beantwoord Antonio Coppola sleutelvrae oor ons identiteit met betrekking tot God en sy verbonde. Hierdie boek is tydig, noodsaaklik en Bybels.” – Tiaan Jordaan, predikant Die Kruis, Pretoria, Suid-Afrika

“Gereformeerde teologie groei stadig maar seker in Afrika. Die beste manier om dit te verstaan, is om die verbonde wat God regdeur die Skrif met sy volk gesluit het, te bestudeer. In hierdie boek maak Antonio Coppola sodanige studie makliker. Hy skets ’n prentjie van die Verbondsgod wat nie net ’n verbondsonderhoudende God is nie, maar ’n God wat ook ’n verbondsvolk in wording roep. Hy demonstreer hoe die verbonde Ou en Nuwe Testament saambind en ons help om sin te maak van God se verbondsverhouding met ons. As jy ’n nuweling met betrekking tot gereformeerde teologie is en wil verstaan hoe God met jou en die kerk ’n verhouding tot stand bring, is hierdie boek vir jou.” – Victor Nakah, internasionale direkteur: Africa, Mission to the World (MTW)

Pages
128
Language
Publisher
Lig in Duisternis Uitgewers
Publication date
2024-07-12
Binding
Paperback
ISBN
9781067221027
Dimensions
14.81 x 0.74 x 21.01 cm
Author(s)
Antonio Coppola